SuperSportSchools Cricket

Ben Vorster bo in naelbytstryd teen Merensky

By Hannes Nienaber , in cricket Cricket | News News , at 18 February 2018

Ben VorsterIn ‘n naelbyt stryd het die eerste krieketspan van Hoërskool Ben Vorster sy buurman Hoërskool Merensky gister met 3 paaltjies geklop in beide spanne se laaste wedstryde in die Finsbury kompetisie.

Ben Vorster het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen.

Merensky was na 26 boulbeurte effens in die moeilikheid met hulle telling op 119 vir 5 , maar goeie kolfwerk deur Shahil Shaik (31 van 39 balle) , Mubin Patel (49 van 47 balle) en Kian Lochner-Clarke (23 van 56 balle) ,het Merensky instaat gestel om ‘n totaal van 219 (48.4 boulbeurte) op die telbord te sit.

Die Vossies se suksesvolste boulers was Fumani Maluleke (3/25 ) , Vernon Harms (2/22) ,Emile Kruger (2/38) en Artwell Mokgolobotse (2/52).

Ben Vorster was vroeg in die moeilikheid met hulle telling op 88 vir 4 , maar ‘n hardnekkige vennotskap van 71 lopies tussen Johan Harms (49 van 61 balle) en Artwell Molokgalabotse (24 van 31 balle) , het die Vossie trein weer op die spoor geplaas.

Merensky slaan egter vinnig terug met 2 paaltjies en met die telling op 164 vir 7 is die Vossies met die rug teen die muur.

“Commith the hour , commith the man” Jaco De La Ray skop egter vas en moker 47 lopies (2 sesse en 8 viere) van 32 balle in ‘n onoorwonne vennootskap van 55 lopies saam met Cobus Geldenhuys , om die wedstryd vir die Vossies te wen in die 47ste boulbeurt.

Merensky se suksesvolste boulers was Gerhardus Fourie (2/32) , Louis Botha (2/27) en Rinus Jacobs (1/30).

Beide spanne se boul-en veldwerk was met tye nie goed nie en sal hulle hard daaraan moet werk in die af-seisoen.Heelwat spelers van beide spanne sal baie moontlik egter later in die jaar in die Limpopo krieketspanne opgeneem word.

Plaaslike Derby’s haal die beste uit spelers uit en die intensiteit en mededinging is somtyds veel hoër as wanneer daar teen skole van buite Tzaneen gespeel word.Baie meer toeskouers woon ook hierdie wedstryde by en dit is betreurenswaardig dat hierdie twee Spogskole nie in alle sportsoorte teen mekaar meeding nie.

Beknopte telkaart:

Merensky 219 almal uit in 48.4 boulbeurte (Shahil Shaik 31, Mubin Patel 49, Kian Lochner-Clarke 23; Fumani Maluleke 3/25 , Vernon Harms 2/22, Emile Kruger 2/38, Artwell Mokgolobotse 2/52); Ben Vorster 221/7 in 46.1 boulbeurte (Johan Harm 49 , Jaco De La Ray 47*, Artwell Molokgalabotse 24; Gerhardus Fourie 2/32, Louis Botha 2/27, Rinus Jacobs 1/30). Ben Vorster wen met 3 paaltjies.

Comments


Leave a Reply