SuperSportSchools Cricket

Boishaai bied krieketfees in die Kaap aan

By Hannes Nienaber , in News , at 6 January 2022

Daar wag ‘n fees van krieket op die Kaap met van die land se voorste krieketskole wat van Vrydag af op die Hoër Jongenskool Paarl se krieketfees in aksie sal wees. Die krieketfees vind van 7 Januarie tot en met 10 Januarie plaas. 

Boishaai kom in sy eerste kragmeting teen die Hoërskool Garsfontein van Pretoria te staan. Al die wedstryde tydens die eerste dag word op die tydkrieket-formaat beslis. 

Nog ‘n wedstryd wat vir heelwat aksie behoort te sorg is dié een tussen Paarl Gimnasium en Potchefstroom Volkskool. 

Die tweede en derde dae se wedstryde sal oor 50 boulbeurte beslis word, terwyl spanne kan ooreenkom om die laaste dag se wedstryde tot ‘n Twintig/20-wedstryd te verkort. Dit hang natuurlik van die spanne van die noorde se reisplanne af asook die feit dat die binnelandse skole reeds volgende week oopmaak. 

Die spanne sal vir die eerste twee dae nog hul Cubsweek-spelers in hul geledere hê voordat dié spelers hul in Stellenbosch vir die jaarlikse spogweek van Krieket Suid-Afrika in Stellenbosch moet aanmeld. 

In totaal is daar 24 krieketspanne in aksie. Die skole wat aan die fees deelneem is Boishaai, Garsfontein, Paarl Gimnasium, Potchefstroom Volkskool, Potchefstroom Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Noordheuwel, Stellenberg, Brackenfell, Curro Durbanville, Grey-kollege, Durbanville, St. John’s College, Helpmekaar-kollege, Westville Boys’ High, Parel Vallei, Northcliff, Noord-Kaap, Montana, Cornwall Hill College, Somerset College, Hans Moore (Benoni), JTG Cricket and Boland RPC.

Die bepalings is: 

Vrydag, 7 Januarie 2022 – Tydkrieket

Hoër Jongenskool Paarl vs Garsfontein
Paarl Gimnasium vs Potchefstroom Volkskool
Paul Roos Gimnasium vs Noordheuwel
Boland RPC vs Northcliff
Stellenberg vs Helpmekaar
Parel Vallei vs Grey College
Brackenfell vs Westville Boys’ High
Curro Durbanville vs St. John’s College
Durbanville vs Cornwall Hill College
Somerset College vs Potchefstroom Gimnasium
Noord-Kaap vs Montana
Hans Moore vs JTG Cricket

Saterdag, 8 Januarie 2022 – 50 boulbeurte

Hoër Jongenskool Paarl vs Westville Boys’ High
Paarl Gimnasium vs Westville Boys’ High
Paul Roos Gimnasium vs St. John’s College
Boland RPC vs Hans Moore
Stellenberg vs Garsfontein
Parel Vallei vs Potchefstroom Volkskool
Brackenfell vs Potchefstroom Gimnasium
Curro Durbanville vs Helpmekaar
Durbanville vs Northcliff
Somerset College vs Cornwall Hill College
JTG Cricket vs Montana

Sondag, 9 Januarie 2022 – 50 boulbeurte 

Hoër Jongenskool Paarl vs Helpmekaar
Paarl Gimnasium vs Cornwall Hill College
Paul Roos Gimnasium vs Hans Moore
Boland RPC vs Potchefstroom Gimnasium
Stellenberg vs JTG Cricket
Parel Vallei vs Noord-Kaap
Brackenfell vs Grey College
Curro Durbanville vs Noordheuwel
Durbanville vs Garsfontein
Somerset College vs Montana
Northcliff vs Potchefstroom Volkskool
Westville Boys’ High vs St. John’s College

Maandag, 10 Januarie 2022 – 50 boulbeurte/T20 

Hoër Jongenskool Paarl vs St. John’s College
Paarl Gimnasium vs Westville Boys’ High
Paul Roos Gimnasium vs Garsfontein
Boland RPC vs Montana
Stellenberg vs Cornwall Hill College 
Parel Vallei vs JTG Cricket
Brackenfell vs Hans Moore
Curro Durbanville vs Potchefstroom Volkskool
Somerset College vs Helpmekaar
Noord-Kaap vs Noordheuwel 
Potchefstroom Gimnasium vs Northcliff

Comments


Leave a Reply