SuperSportSchools Cricket

Buitendach se veelsydige vertoning help Rusties tot sege

By Hannes Nienaber , in cricket Cricket | News News , at 27 August 2019

NewsGOdirileModikowaneBertus Buidendach het met ‘n veelsydige vertoning die Hoërskool Rustenburg se eerste krieketspan op die wenpad in die Noordwes-liga teen HTS Potchefstroom gekry. Rusties het die ligawedstryd tussen die twee spanne met 131 lopies gewen.

Buitendach het eers met ‘n onoorwonne 48 lopies sy span tot 235 lopies gehelp voordat hulle uitgeknikker is. Hy het goeie ondersteuning van Odirile Modimokowane (44) en Brandon Venter (40) gekry.

‘n “Kolwer” met die naam Ekstras het self ‘n stewige bydra van 42 lopies gelewer.

Buitendach was daarna met die bal in die hand ook die grootste doring in HTS Potchefstroom se kolwers se vlees. Hy het van drie kolwers vir slegs 27 lopies ontslae geraak.

HTS Potchefstroom kon slegs 104 lopies aanteken voordat hy uitgeboul is.

Potchefstroom Volkskool se Christopher de Freitas (54*) en Niel Janse van Vuuren (50) het meet vyftigtalle hul span tot ‘n oorwinning van ses paaltjies oor die Hoërskool Klerksdorp gehelp.

Klerksdorp het 178/9 in sy toegelate boulbeurte danksy waardevolle bydraes deur Marnus Prinsloo (52) en Divan Steenkamp (39) behaal. Timothy Malan (3/17) het die meeste skade met die bal vir Potch Volkies aangerig. Malan het boonop ‘n onoorwonne 33 lopies met die wilgerlat aangeteken.

Potchefstroom Gimnasium het nie veel probleme ondervind om Lichtenburg met agt paaltjies planke toe te stuur nie.

Die Liggies het eerste gekolf en is tot slegs 123 lopies beperk danksy goeie boulwerk deur Marinus Pienaar (4/15) en Tiaan Brandt (3/13).

Gimmies se Franco Boshoff (50) het met sy vyftigtal gehelp dat sy span die wenteiken in slegs 19.5 boulbeurte behaal het.

Wil jy hê ons moet ook jou eerstespan se krieketwedstryde dek? Stuur vir ons ‘n e-pos met julle telkaarte en afrigter/tellinghouer se kontakbesonderhede na hannes@schoolofcricket.co.za

Beknopte telkaarte:

Hoërskool Klerksdorp 178/9 (Marnus Prinsloo 52, Divan Steenkamp 39, De Wet Muller 32; Timothy Malan 3/17, Stephan Fourie 2/13); Potchefstroom Volkskool 182/4 (Christopher de Freitas 54*, Niel Janse van Vuuren 50, Timothy Malan 33*, Van Zyl Smit 30; Lowyk Vogel 2/32). Potchefstroom Volkskool wen met ses paaltjies.

Hoërskool Rustenburg 235 (Bertus Buitendach 48*, Odirile Modimokowane 44, Ekstras 42, Brandon Venter 40; Karabelo Matlawe 4/20, Tshepang Ndwendwe 2/1); HTS Potchefstroom 104 (Kgakollo Seroalo 22; Bertus Buitendach 3/27, Hanro Swanepoel 2/8). Hoërskool Rustenburg wen met 131 lopies.

Lichtenburg 123 (F Landsberg 24, Ekstras 24; Marinus Pienaar 4/15, Tiaan Brandt 3/13); Potchefstroom Gimnasium 125/2 (Franco Boshoff 50, M Landman 46). Potch Gimmies wen met agt paaltjies.

Comments


Leave a Reply