Coetzer laat sy kolf die praatwerk doen teen Montana
Daar is waarskynlik nie ‘n beter veelsydige speler op skolevlak in Suid-Afrika as die Hoërskool Waterkloof se Hardus Coetzer nie. Hy was Saterdag met sy kolf aan die voorpunt van Klofies se sege van 288 lopies oor Montana.
Coetzer (129) het met sy honderdtal gehelp dat sy span 430/9 in sy toegelate 50 boulbeurte aanteken. Hy het slegs 99 aflewerings in sy beurt trotseer. Saam met Stefan Driemeyer (95) het hy ‘n vennootskap van 167 lopies om die vierde paaltjie gedeel.
SW Kemp (43) en Hernus Marais (42*) het ook waardevolle bydraes met die kolf gelewer.
Montana kon slegs 142 lopies hierop antwoord met die 30 lopies wat Waterkloof in ekstras afgestaan het wat hul beste kolwer was. Die naasbeste kolwer was hul laaste man na die kolfkampie, Logan Bouwer (19).
Indien jy jou skool se telkaarte wil instuur kan jy dit e-pos aan hannes@schoolofcricket.co.za.
Beknopte telkaarte:
Waterkloof 430/9 (Hardus Coetzer 129, Stefan Driemeyer 95, Ekstras 49, SW Kemp 43, Hernus Marais 42*, Franco Bester 27, Henco Maritz 27; Tiaan Nel 3/74, Ruben Alexander 2/28); Montana 142 (Ekstras 30, Logan Bouwer 19; Khumo Thloalela 3/25, Alexander Volschenk 2/16, Hernus Marais 2/22, Christiaan du Toit 2/23). Waterkloof wen met 288 lopies.
Comments