SuperSportSchools Cricket

Noordelikes kies spanne vir nasionale weke

By Hannes Nienaber , in cricket Cricket | News News , at 19 October 2017

NorthernsDie voorste span op verlede jaar se Coca-Cola Khaya Majola-week vir o.19-spanne, Noordelikes, het sy span vir vanjaar se toernooi wat van 17 tot 21 Desember in Johannesburg sal plaasvind. Die toernooi word op St Stithians College in die Goudstad aangebied.   

Noordelikes sal met ‘n groen span die toernooi ingaan. Nie ‘n enkele speler wat verlede jaar in Bloemfontein in aksie was, is vanjaar weer vir die span beskikbaar gewees nie. Boonop het die span ook ‘n nuwe breier in Mark Charlton. Sy hulpafrigter sal Thabiso Makwela wees. 

Die span wat verlede jaar deur Pieter Cronje van die Afrikaanse Hoer Seunskool van Pretoria gebrei was, het Vrystaat in die hoofwedstryd van die toernooi in die Rosestad met agt paaltjies geklop. 

Noordelikes het wel in Herman Rolfes (Affies) die voorste lopiemaker op verlede jaar se o.17-toernooi in sy geledere. Rolfes het verlede jaar in Benoni 428 lopies teen ‘n gemiddeld van 107 lopies per beurt gemoker. Dit het twee honderdtalle ingesluit. Hy het ook al die Suid-Afrikaanse o.19-span verteenwoordig. 

Centurion se Francois van Heerden is welbekend as ‘n speler wat ook oor ‘n bree kolf beskik. Hy het verlede jaar ook vir die o.17-span 289 lopies geslaan. Dit was die derde meeste deur enige speler op die toernooi. Spanne kan dus nie Noordelikes onderskat op vanjaar se Khaya Majola-week nie. 

Die keurders van Noordelikes het wel nog ‘n moeilike besluit om te maak tussen Nico van Zyl (Waterkloof) en Luan van Strijp (Affies). Slegs een van die twee sal in die finale span na die Khaya Majola-week ingesluit kan word. 

Krieket Suid-Afrika se nasionale o.17-toernooi vind vanjaar van 13 tot 17 Desember in Oos-Londen plaas. Die nasionale o.15-week word van 8 tot 12 Desember in Bloemfontein gespeel. 

Noordelikes se spanne is: 

o.19: Francois van Heerden (Centurion), Thabo Motaung (Prestige College), Chris Brits (Pretoria Boys’ High), Jandre Pretorius (Waterkloof), Herman Rolfes (Affies), Modiri Litheko (Cornwall Hill College), Musa Twala (St Alban’s College), Tshiamo Lebeloane (Cornwall Hill College), Gideon Peters (Waterkloof), Josef Arendse (Pretoria Boys’ High), Nico van Zyl (Waterkloof), Luan van Strijp (Affies). 

o.17: Ludwig Kaestner (Waterkloof), Tristan Janse van Rensburg (Menlopark), Wasani Mushwana (Pretoria Boys’ High), Dian Forrester (Affies), Kofi Essel Mensah (Cornwall Hill College), Ximus du Plooy (Affies), Thabiso Motubatsi (Mamelodi), Juandre Scheepers (Garsfontein), Albert Wells (Waterkloof), Om Thaker (Laudium), Reyneke Shaik (Garsfontein), Prince Trotter (Cornwall Hill College), Olebogend Buffel (Midstream College). 

o.15: Thabang Baloyi (Prestige College), Christiaan Oberholzer (Garsfontein), Dirk Herbst (Affies), Lungelo Khoba (Cornwall Hill College), SW Kemp (Garsfontein), Ralf Schmidt (Garsfontein), Zeeshan Ishmael (Pretoria Boys’ High), Dihan Bekker (Affies), Chearn Manus (Pretoria Boys’ High), Gontje Phuthi (Prestige College), Thumelo Khabele (Cornwall Hill College), Hardus Coetzer (Waterkloof), Kagiso Ngwenya (Prestige College). 

Comments


Leave a Reply